Back
Hoe werk afstandleer of tuisstudie?
Met tuisstudie hoef jy nie klasse by te woon nie en jy hoef nie jou werk op te gee nie. College SA het ‘n aantal dinge in werking gestel om jou te help om ‘n sukses van tuisstudie te maak. Kliek hier om meer te lees oor hoe tuisstudie by College SA werk...

Wat is afstandsleer of tuisstudie?

Die meeste van ons het ervaring van klaskameronderrig. Met klaskameronderrig moet jy daagliks klasse bywoon. Dit beteken dat jy nie ‘n voltydse werk kan hê wanneer jy studeer nie.

Met tuisstudie hoef jy nie klasse by te woon nie en jy hoef nie jou werk op te gee nie. College SA stuur vir jou die studiemateriaal en dan help ons jou om jou studiekursus te voltooi deur gereeld met jou in verbinding te tree. Jy studeer tuis en doen opdragte wat jy aan die kollege stuur om gemerk te word. Hierdeur sal jy positiewe terugvoer ontvang oor hoe jy gevaar het en hoe jy selfs soms beter kan presteer!

Met tuisstudie kan jy dus bepaal hoe vinnig of stadig jy wil studeer. Jy is in geen kompetisie met ander studente nie en jy kan in die veiligheid van jou eie huis studeer. Party van ons studente vind dat hulle eintlik beter vaar wanneer hul aandag nie deur reis, klasse of ander studente afgelei word nie!

Tuisstudie is ‘n positiewe stap in die soeke na daardie bevordering, ‘n meer lonende beroep en ‘n beter lewe.

Hoe werk tuisstudie?

Diagram


1.  Registrasie- en onderriggeld

Ons registreer jou vir die kursus wat jou die beste pas. Dan word jou registrasievorm en betaling na die kollege gestuur.

Jy kan kies om jou kursus óf maandeliks te betaal óf om die hele program vooruit te betaal. As jy die volle program vooruit betaal, kry jy 20% korting!

Onthou om ‘n foto van jouself te stuur sodat ons dit op jou studentekaart kan druk.
2. Verwelkomingspakket – “Tactics for Winning” CD

Ons stuur vir jou ‘n verwelkomingspakket wat die “Tactics for Winning” CD bevat. Hierdie CD sal jou help om jouself weer in die studieroetine te kry. Dit help jou om jou lewe en gedagtes te organiseer sodat jy die beste kans op sukses sal hê en jou studieprogram kan slaag. Al wat jy hoef te doen is om na die CD te luister en die maklike assessering in jou vervelkomingspakket te voltooi!

Alle studente moet die “Tactics for Winning”-assessering afhandel voordat daar na die res van die programme aanbeweeg kan word
3. Verwelkomingsoproep – Hoe om te begin!

Ons sal jou bel om seker te maak dat jy weet hoe om met jou program te begin.

Ons help jou om jou studiekalender op te stel en ons sal seker maak dat jy presies weet waar om te begin en wat om volgende te doen!

4. Studentekaart

Sodra ons ‘n foto van jou ontvang het, sal ons jou studentekaard druk en aan jou stuur.

Jou studentekaart dien as ‘n bewys dat jy ‘n “kaartdraende” student is. Hierdie kaart gee jou toegang tot biblioteke en laat jou ook vir sekere kortings kwalifiseer wat baie plekke slegs vir studente aanbied.
5. “Tactics for Winning” – Selfassessering

Luister na die “Tactics for Winning” CD en voltooi dan die selfassessering oor “Tactics for Wining” wat by jou verwelkomingspakket ingesluit is.

Stuur dan hierdie assessering aan die kollege om die res van jou studies te aktiveer.
6. Jou persoonlike tutor

Ons sal vir jou die besonderhede van jou persoonlike tutor stuur. Jou tutor sal met sorg gekies en as ‘n kenner in jou studierigting aangestel word.

Nou sal jy en jou tutor van mekaar weet.

Jy kan deur die kollege vrae/navrae aan jou tutor stuur en ons sal verseker dat jy ‘n spoedige antwoord ontvang.

7. Studiemateriaal

Sodra ons jou “Tactics for Winning”-selfassessering ontvang het, sal ons dadelik die volgende stel studiemateriaal aan jou stuur.

Jy werk dan op jou eie trant deur die studiemateriaal en voltooi die tuistoetse en –opdragte.


8. Maandelikse kontak van die kollege

Ons sal elke maand met jou in verbinding tree om jou te motiveer en jou met jou studies te help.

Indien jy op ‘n maandelikse betalingsprogram is, sal ons ook elke maand kennisgewings van betalings stuur.
9. Opdragte

Wanneer jy ‘n opdrag voltooi het, kan jy dit aan ons stuur sodat dit gemerk kan word.

Jou tutor sal jou opdrag merk en dit saam met jou punt en kommentaar op jou antwoorde aan jou terugstuur.

Dit is ‘n baie belangrike deel van jou leerproses en jy moet baie tyd hieraan spandeer.
10. Vrae/navrae

Indien jy enige vrae het, skryf dit asseblief neer en stuur dit aan ons. Andersins kan jy eenvoudig net ons Hulplyn vir Studentedienste bel.

Jy kan ons via telefoon, e-pos, Skype, Mxit, MSN of faks kontak.

Ons sal jou vrae vinnig beantwoord en indien jou vrae baie moeilik is, sal ons die hulp van ‘n kenner inwin!

11. Gemerkte opdragte en terugvoer van tutor

Wanneer ons ‘n opdrag van jou ontvang, sal jou tutor dit merk en dit saam met jou punt en kommentaar op jou antwoorde aan jou terugstuur.

Die voltooiing van opdragte is ‘n baie belangrike deel van jou leerproses!
12. Verdere studiemateriaal

Wanneer jy met ‘n stel studiemateriaal klaar is en al die opdragte daarin geslaag het, sal ons die volgende stel studiemateriaal aan jou stuur.

Dit sal van jouself afhang hoe vinnig ons nuwe studiemateriaal aan jou stuur, want jy bepaal self hoe vinnig jy die opdragte voltooi en uiteindelik slaag!

Jy kan so vinnig of stadig studeer as wat dit jou pas.
13. Eksamens

Aan die einde van jou kursus of vak sal jy óf ‘n finale opdrag voltooi óf ‘n eksamen (of finale assessering) aflê.

Indien jou kursus vereis dat jy ‘n eksamen by ‘n eksterne instelling moet aflê, sal jy self by daardie instelling vir die eksamen moet registreer, die eksamenfooie betaal en dit by hulle aflê.
14. Sertifikaat of diploma

Wanneer jy jou program suksesvol voltooi het, sal ons jou sertifikaat of diploma aan jou stuur.

Indien jou program deur ‘n eksterne instelling geëksamineer of geassesseer word, sal jy jou sertifikaat of diploma van hulle ontvang.

diagram.jpg


Hoe verskil ons?

Hoe bied ons tuisstudie met ‘n verskil aan? Ons verskil op ses belangrike gebiede:

1.    Oriëntasie en motivering van volwasse leerders
Iedere en elke student begin met ons “Tactics for Winning”-oriëntasieprogram. “Tactics for Winning” is spesifiek daarop gerig om jou, ‘n volwassene, te help om jou lewe en jou gedagtes weer op jou studieloopbaan te fokus. Ons het gevind dat studente wat hul programme met “Tactics for Winning” begin ‘n groter kans op sukses het.

2.    Maklike betalingsopsies
Die meeste kolleges sal jou dwing om ‘n kredietooreenkoms te onderteken wat jy nie sal kan kanselleer wannneer jy jou studies staak nie. Met College SA is daar geen kredietooreenkomste nie en jou kredietrekord word nie nagegaan nie! En as jy jou program vroeër voltooi, kan jy op daardie oomblik ophou om ons te betaal!

3.    Gereelde kontak
Ander kolleges sal nie met jou in verbinding tree nie. Jy moet hulle altyd kontak en self die studieproses voortdryf. By College SA glo ons dat ons die verantwoordelikheid het om jou deur jou studies te help. Ons sal dus gereeld met jou in verbinding tree om jou op dreef te hou!

Ons publiseer ‘n maandelikse nuusbrief en indien jy van ons vorige nuusbriewe wil sien, is jy welkom om ons kantore te besoek en een te neem. Andersins kan jy na ons webwerf gaan om die jongste nuusbrief te lees.

4.    Studievakansie
Indien jy jou studies vir ‘n aantal maande wil onderbreek, hoef jy slegs vir ‘n studievakansie aansoek te doen. Jy kan dan ophou om ons te betaal totdat jy weer met jou studies wil voortgaan.

5.    Tutor op die perseel
Ons het ‘n tutor op die kollegeperseel. As jy dus hulp nodig het, bel ons net!

Ons sal probeer om jou probleem onmiddellik op te los, maar as ons nie kan nie sal ons die hulp van een van ons vakspesialiste inwin en binne 24 uur met ‘n antwoord na jou toe terugkom.

6.    Maklike kansellasie
Ander kolleges sal jou nie toelaat om te kanselleer nie. En as jy ophou studeer, sal hulle jou dwing om aan te hou betaal. As jy nie betaal nie word jy aan prokureurs oorhandig en moontlik selfs op die swartlys geplaas.

By College SA kan jy te eniger tyd kanselleer. Jy hoef slegs ‘n kansellasievorm in te vul en ‘n klein kansellasiefooi te betaal. Geen vrae, geen ophef! Ons sal jou nooit gevangene hou nie!

Die voordele van tuisstudie

College SA laat jou toe om tuis of by jou werkplek te studeer. Jy kan studeer net waar jy wil. En jy kan studeer wanneer jy tyd het: gedurende ‘n middagete-breuk of selfs op die trein oppad werk toe. Jy kan vertrou dat ons regdeur jou studies met jou in kontak sal bly. Ons sal jou help, ondersteun en aanmoedig!

Tuisstudie beteken dat daar geen klasse is wat jy hoef by te woon nie en daar is geen semesterrooster waarby jy moet inpas nie. Wat jou omstandighede ookal is, jou studieprogram sal by jou lewe inpas – en nie andersom nie!

  • Tuisstudie is ‘n bekostigbare manier om te studeer en jy kan van een van ons maklike betalingsopsies gebruik maak. Klaskamergebaseerde opleiding kos maklik twee keer soveel as tuisstudie!
  • Jy word nie met langtermyn kredietooreenkomste vasgeteken nie. En ons gaan geen kredietrekords na nie.
  • Jy kan te eniger tyd kanselleer. Vul net die vorm in, betaal die klein kansellasiefooi en jy is vry!
  • Jy sal hulp en leiding van ‘n gekwalifiseerde tutor ontvang.
  • Jy het ons volle ondersteuning soos jy vorder – ons sal gereeld met jou in verbinding tree.
  • Daar is maandelikse nuusbriewe – ons sal jou met verwikkelinge by die kollege op hoogte hou!
  • Maak kontak met ons op ‘n manier wat vir jou die gerieflikste is – ons gebruik die telefoon, e-pos, faks, Skype, MSN en Mxit!
  • Indien jou omstandighede verander en jy jou studies vir ‘n wyle moet onderbreek, kan jy ‘n studievakansie neem.



 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
  
 
 


Ons verskaf graag artikels en raad in Afrikaans, maar ongelukkig is ons studie-materiaal slegs in Engels beskikbaar.
 
free-find.jpgjust-the-job-employment-portaljust-the-job-employment-portalbook-cover-project-management
College-SA-project-management-eguide