| Meer oor ons |
College SA: Wie is ons?College SA is een van die voorste Afstandsonderrig Instansies in Suid-Afrika. Ons is trots daarop dat alles wat ons doen op die student gefokus is. Die student is College SA se enigste prioriteit en sal ook altyd wees.Hoekom is College SA so spesiaal?College SA is ʼn Verdere Onderwys en Opleiding (FET) kollege. Ons is voorwaardelik geregistreer by die Departement van Onderwys. Dit is die hoogste moontlike vlak van registrasie wat ʼn Privaat FET Kollege soos College SA kan kry by die Departement van Onderwys. Gaan maak gerus seker van ons registrasie. Ons registrasienommer is 2009/FE07/099. Jy is welkom om die Departement van Onderwys te kontak om seker te maak dat ons definitief geregistreer is.Ons VisieCollege SA voorsien bekostigbare afstandsonderrig aan al ons studente. Ons herken die demografiese en geskiedkundige uitdagings in Suid-Afrika en daarom sorg ons dat opleiding aan almal beskikbaar gestel word. Om dit te kan doen het ons gekies om vennootskappe aan te gaan met geakkrediteerde liggame soos FASSET, CSSA, CompTIA, THETA SETA en andere. Ons opleidingsmodel bestaan uit die volgende:
Ons MissieCollege SA onderneem om kwaliteit studieprogramme te voorsien wat afstandsonderrig se unieke uitdagings aanspreek sodat al ons studente suksesvol kan wees. Om suksesvol in hierdie missie te kan wees, het ons besluit om ons studente as vennote te sien.Soos jy kan sien gaan dit vir ons net oor die student. Alles wat ons doen, doen ons vir jou. Ons het ʼn lang lys kursusseCollege SA het ʼn wye verskeidenheid kursusse. Al ons kursusse is spesifiek ontwerp om te pas by dit wat ʼn afstandsonderrigstudent nodig het. Dit beteken dat jy spesiale studiehulp kry vir enige kursus. Jy kry ʼn handboek, ʼn studiegids en baie ander nuttige goed jou te help met jou studies.Jy het toegang tot ʼn tutor wat opgelei is om jou met jou studies te help. Al ons tutors is spesialiste in hulle onderskeie velde. Hulle sal jou help vir so lank as wat nodig is en jy hoef niks ekstra daarvoor te betaal nie. Betaal soos jy studeerDie een ding wat College SA uitlig bo ander kolleges is ons “Pay As You Study” stelsel. Dit beteken dat jy net betaal as jy studeer. As jy nie met jou studies kan voortgaan nie hoef jy nie aan te hou om jou maandelikse fooi te betaal nie. As jy ʼn studiebreek moet vat, maar later weer wil verder studeer, kan jy ook vir ʼn tydperk ophou betaal. Die heel beste ding van hierdie stelsel is dat jy afslag kry op jou kursus as jy dit klaarmaak voor die voorgeskrewe tydperk se einde. Dit is ons manier om jou te motiveer om jou studies so vinnig as moontlik klaar te maak.Is jy al beïndruk?College SA is die beste kollege wat daar is. As jy meer van ons wil weet, kan jy na die webwerf kyk.
Ons verskaf graag artikels en raad in Afrikaans, maar ongelukkig is ons studie-materiaal slegs in Engels beskikbaar. |




