| Ons akkreditasie |
Alles wat jy wil weet oor Geakkrediteerde Kolleges en Geakkrediteerde Verskaffers van Opleiding, Geakkrediteerde Kursusse, Geakkrediteerde Opvoeding en hoe om Akkreditasie van SETA na te gaan.
College SA is ‘n Geakkrediteerde Verskaffer van Opleiding (Geakkrediteerde Kollege) College SA [SA College of Home Study (Pty) Ltd] is voorwaardelik geregistreer as ‘n VOO-kollege ingevolge die Further Education and Training Colleges Act, 2006 (Wet No 16 van 2006) tot en met 31 Desember 2015. Registrasienommer: 2009/FE07/099. Sertifikaatnommer: 0362-P. College SA is deur SETA Geakkrediteer College SA is ‘n Geakkrediteerde Verskaffer by FASSET (SETA vir Finansies, Rekeningkunde, Bestuursraadgewing en ander Finansiële Dienste). Verskafferskode: 585/00787/08. College SA se akkreditasiestatus is deur die Departement van Onderwys by Umalusi (Council for Quality Assurance in General and Further Education and Training) bevestig en geverifieer. Hoe bevestig ek die FASSET Akkreditasie van ‘n Kollege?FASSET het besluit dat Verskaffers (Kolleges) wat vir FASSET-kwalifikasies geakkrediteer is nie op FASSET se webblad sal verskyn nie.FASSET verklaar dat voornemende leerders en studente hul ETQA-departement (Education and Training Quality Assurance) kan kontak om die akkreditasie van ‘n verskaffer of kollege te bevestig. Die Bestuurder van die ETQA-departement van FASSET is Natércia Faustino. Om te bevestig dat ‘n kollege deur FASSET geakkrediteer is, kontak asseblief die ETQA-departement by FASSET:
Hoe bevestig ek of ‘n Kollege by die Departement van Onderwys geregistreer is?Die Departement van Onderwys wys nie op die oomblik ‘n lys van Geregistreerde Verskaffers (of Kolleges) op hul webblad nie.Jy is welkom om die Direkteur: Privaat VOO-kolleges by die Departement van Onderwys te kontak om ‘n Kollege of Verskaffer van Opleiding se registrasie te bevestig. Die huidige Direkteur: Privaat VOO-kolleges by die Departement van Onderwys is dr P M Buthelezi. Die Departement van Onderwys se kontakbesonderhede is as volg:
Wat is ‘n VOO-kollege?VOO (Verdere Onderwys en Opleiding) is die onderwys en opleiding wat op NKR vlakke 2, 3 en 4 aangebied word (neem kennis dat NKR4 dieselfde akademiese vlak as Graad 12 is), insluitend beroepsgeoriënteerde onderwys en opleiding in tegniese kolleges, gemeenskapskolleges en privaat kolleges. Privaat instellings wat VOO-programme aanbied, moet by die Departement van Onderwys registreer ingevolge die Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998 (Wet No 98 van 1998).Verdere Onderwys en Opleidingkolleges (VOO-kolleges) streef daarna om onderwys en opleiding van ‘n hoë standaard te lewer om jou te help om jouself met die kwalifikasies en vaardighede te bekwaam wat jy nodig het om jou gegewe loopbaanrigting te volg. Jy sal onskatbare lewensvaardighede opdoen om die vele uitdagings van die beroepswêreld met meer as slegs ‘n kwalifikasie op papier te trotseer. Die onderwys en opleiding wat by ‘n VOO-kollege aangebied word, is aangepas by en reageer op die behoeftes van leerders en die bedryf, en die beroepe wat dié kolleges aanmoedig, is noodsaaklik vir die ekonomiese opheffing van die Suid-Afrikaanse ekonomie. ‘n VOO-beroepsgerigte program sal jou vir ‘n suksesvolle en lonende loopbaan bekwaam in ‘n industrie wat ‘n groot behoefte aan jou praktiese vaardighede, ervaring en kennis het, en sal jou ook toegang tot hoër onderwys en lewenslange leer gee. Die Departement van OnderwysEen van die Departement van Onderwys se doelwitte is om:
Hul visie is:
Ons stel voor dat jy die Departement van Onderwys se webblad besoek om meer inligting oor hulle te kry: http://www.education.gov.za. UmalusiUmalusi is ‘n statutêre organisasie wat die standaarde vir algemene en verdere onderwys en opleiding (AOO en VOO) in Suid-Afrika bepaal en reguleer met die doel om die gehalte van onderwys en opleiding voortdurend te verbeter.Hulle het vyf belangrike funksies:
Bron: www.umalusi.org.za. Wat is ‘n SETA?SETA is die afkorting vir die Sektorale Onderwys- en Opleidingowerheid. Hul doel is om vaardigheidsplanne te ontwikkel en in werking te stel wat op spesifieke sektors gefokus is, om leerskappe te registreer en te bevorder, en om by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) om akkreditasie as ‘n ETQA-liggaam (Education and Training Quality Assurance) vir kwalifikasies in sy sektor aansoek te doen.Vyf-en-twintig SETA’s is op 20 Maart 2000 deur die voormalige Minister van Arbeid, mnr Madladlana, gestig. Dit is die Minister van Arbeid se verantwoordelikheid om te verseker dat daar ‘n SETA is wat elke sektor in die arbeidsmark verteenwoordig. Boonop moet die Minister vasstel watter behoeftes werknemers en werkgewers het en verseker dat soortgelyke middels, prosesse en tegnologie gebruik word om toegang tot die verskillende SETA’s te verkry. Hier is ‘n lys van sommige van die SETA’s:
Bron: Coetzee et al 2007:33 Wat is FASSET?FASSET is die SETA vir Finansies, Rekeningkunde, Bestuursraadgewing en ander Finansiële Dienste. FASSET se missie sluit die volgende in:
www.fasset.org.za SAKO en die NKRDie Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) is ‘n instelling met 29 lede wat deur die Ministers van Onderwys en Arbeid aangestel is. Dié lede verteenwoordig die verskeie aandeelhouers, byvoorbeeld sake, nie-regeringsorganisasies (NRO’s), unies en onderwys-, opleiding- en ontwikkelingsverskaffers.SAKO is daarvoor verantwoordelik om kwalifikasies en standaarde op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) te registreer en terselfdertyd verseker SAKO dat leerders dié kwalifikasies en standaarde bereik. Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is op ‘n kredietstelsel vir die bereiking van leeruitkomste gebaseer. Die NKR bestaan uit 8 vlakke wat in 3 bane verdeel is, naamlik Algemene Onderwys en Opleiding (AOO), Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) en Hoër Onderwys en Opleiding (HOO). Daar is 8 verskillende bane (of vlakke) binne die NKR:
Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) het die volgende verantwoordelikhede:
Bron: http://www.saqa.org.za Webskakels:
Wil jy meer weet? Het jy hulp nodig? Bel ons dan tolvry by 0800 21 23 22 of vul hierdie vorm in en ons sal met jou in verbinding tree:Ons verskaf graag artikels en raad in Afrikaans, maar ongelukkig is ons studie-materiaal slegs in Engels beskikbaar. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||




