Back
Ons help jou studeer

By College SA weet ons dat die meeste mense angstig oor hul studies is. Wat is dit wat hulle angstig maak? En hoe help en ondersteun ons hulle terwyl hulle studeer?

 

  • Bekommernis 1: Baie mense dink dat hulle nie weet hoe om te studeer nie.

 

OPLOSSING:

By College SA glo ons dat ALLE mense in staat is om die vaardigheid aan te leer om te kan studeer. Niemand is nie in staat om te studeer nie! Ons weet dat die meeste van ons studente – sedert hul skooldae – vir jare nie gestudeer het nie. Ons weet ook dat die meeste van ons studente na ons toe kom met aannames wat nie waar is nie en slegte gewoontes wanneer dit by hul studies kom.

 

Ons glo dat jou studies ‘n vaardigheid is wat aangeleer kan word – soos om te leer swem of te leer lees – en ons sal seker maak dat die heel eerste ding wat jy van ons leer, hierdie vaardigheid is.

 

Met ander woorde, ons begin jou studies deur jou te leer HOE om te studeer.

 

Dit maak nie saak vir watter kursus jy registreer nie, aangesien almal met ‘n verpligte Module genaamd “Tactics for Winning” begin. Dié verpligte Module sal jou weer herinner aan wat ‘n mens se studies alles behels – op die College SA-manier!!!

 

“Tactics for Winning” sal jou al die nodige inligting en motivering gee om studievaardighede aan te leer of weer te verfris. Ons maak basies seker dat jy presies weet hoe om te studeer. Dis ‘n dinamiese module vol pret en ons weet dat dit jou vinnig in die regte stemming vir jou studies sal plaas!

 

Net om seker te maak dat ons woorde deurgedring het, herhaal ons graag die volgende…

 

By College SA glo ons dat ALLE mense in staat is om die vaardigheid aan te leer om te kan studeer. Niemand is nie in staat om te studeer nie!

 

  • Bekommernis 2: Baie mense dink terug aan hul skooldae en onthou hoe sleg hulle toe gevaar het. Hulle maak dan die fout om te dink dat dieselfde ding gaan gebeur indien hulle weer probeer studeer.

 

OPLOSSING:

As opvoedkundige kenners weet ons – sonder twyfel – dat ‘n persoon se uitslae op skool absoluut GEEN verband hou met hoe hulle sal vaar indien hulle besluit om verder te studeer nie.

 

Baie min van ons het regtig goed op skool gevaar. In die skoolstelsel word slegs ‘n paar mense as “suksesvol” beskou. Vir die meeste van ons was ons skooldae nie ons beste nie.

 

Het jy geweet dat 78% van mense wat skool bywoon NOOIT ‘n Matrieksertifikaat verwerf nie?

 

Op skool is ons geforseer om allerhande vakke te neem waarin ons nie regtig belang gestel het nie. Maar, as ‘n volwassene wat besluit om verder te studeer, kies jy self die vakke waarin jy regtig belangstel. Op skool het jy byvoorbeeld baie sleg in Geskiedenis gevaar omdat jy absoluut geen belangstelling in die vak gehad het nie – jy is gedwing om dit te neem. Maar wanneer jy by ons registreer, kan jy jou ‘droom (ideale) vakke’ studeer.

 

JY kan kies wat JY wil studeer op grond van JOU behoeftes en belangstellings. En wanneer jy iets studeer waarin jy belangstel, sal jy sekerlik suksesvol wees. Wanneer jou kop en hart saam tot jou studies verbind is, is dit vanselfsprekend dat jy fantastiese uitslae sal kry.

 

College SA het ‘n wye reeks kursusse – ons is seker dat jy jou ‘droom kursus’ tussen hulle sal vind! Ons bied alles van Besigheidstudies, Kreatiewe Studies, Rekenaarstudies en Polisiëringskursusse aan…en VEEL MEER.

 

  • Bekommernis 3: Party mense dink dat hulle nie sal kan volhard sonder om klasse by te woon of sonder dat ‘n onderwyser voor hulle staan nie.

 

OPLOSSING:

By College SA spesialiseer ons in Tuisstudie of Afstandsleer.

 

Ons is bewus daarvan dat die meeste mense nog net klasonderrig ervaar het. Daarom weet ons dat ons heelwat moet verduidelik wanneer dit by Tuisstudie of Afstandsleer kom. En ons maak seker dat ons reg van die begin af alles aan jou verduidelik – op ‘n DUIDELIKE manier!

 

Die eerste verpligte Module, “Tactics for Winning”, verduidelik in besonderhede wat Tuisstudie is en wat jy as ‘n Tuisstudie-student te wagte kan wees.

 

As kenners op die gebied van Tuisstudie weet ons dat jy met Studiemateriaal moet werk wat spesifiek vir Tuisstudie-studente geskryf is. Ons kies ons skrywers baie noukeurig om seker te maak dat hulle Studiemateriaal van uitstekende gehalte oplewer wat spesifiek vir ons Tuisstudie-studente geskryf is.

 

Ons Studiemateriaal is dus:

  • Maklik om te verstaan en te volg;
  • Interessant om te lees;
  • Propvol voorbeelde, diagramme en gevallestudies;
  • Propvol werklik nuttige verduidelikings en definisies;
  • Saamgestel om jou hope geleenthede te bied om jou nuwe vaardighede en kennis te oefen en te toets;
  • Ontwerp om jou die geleentheid te bied om opdragte aan die Kollege voor te lê en dan terugvoer en raad van ons te ontvang wat jou regtig sal help.

Ons weet ook dat ons studente soms raad van kenners nodig het. Om hierdie rede het ons ‘n span Tutors wat enige van jou vrae of bekommernisse sal kan aanspreek.


Ons Tutors is:

  • Kenners in hul velde;
  • Op hoogte met al die jongste inligting en navorsing in hul velde;
  • Vriendelik, toeganklik en gaaf;
  • Bewus daarvan dat jy raad en inligting mag nodig kry – en hulle sal jou altyd met graagte help.


Daar is ook MEER WYSES waarop ons JOU met jou studies HELP:

  1. Ons bly gereeld met jou in kontak om te hoor hoe jy vorder.

 

Ons beskou ons Studente as ons goeie vriende, en daarom bly ons met jou in kontak – net om ‘hallo’ te sê en te hoor hoe dit met jou gaan. Ons sal jou bel om ‘n bietjie te gesels. Ons wil graag weet hoe jy jou studies geniet. Ons sal vir jou vra of jy enige probleme ervaar. Ons sal vir jou raad en oplossings gee indien jy met enige iets sukkel. Ons sal seker maak dat jy jou Studiemateriaal ontvang het en ons sal verseker dat jy alles ontvang wat jy nodig het. Jy kan daarvan oortuig wees dat jy van ons sal hoor, want ons gee vir jou om. Jy sal nie aan jou eie genade oorgelaat word nie. Ons sal jou tydens jou studies bystaan. Dis ‘n belofte!

 

  1. Ons maak seker dat dit vir jou maklik is om ons te kontak.

Jare se ervaring het vir ons bewys dat ons Studente ons maklik in die hande moet kan kry. Ons wil vir jou beskikbaar wees – ongeag wat jy ook al van ons nodig het. Jy kan die Kollege bel, faks, e-pos of besoek – wat ook al vir jou die gerieflikste is.

 

Ons het kenners wat by die Kollege werk wat daarna uitsien om jou by te staan. Ons personeellede sal altyd hul bes doen om jou te help. Ons het ‘n gespesialiseerde Studente Ondersteuningsafdeling wat jy met enige vrae of probleme kan nader. Die mense wat in die Studente Ondersteuningsafdeling werk, is vriendelik, behulpsaam en lewer graag bystand.

 

  1. Ons stuur vir jou Nuusbriewe wat deur die Kollegehoof geskryf is – dié Nuusbriewe bevat altyd interessante brokkies inligting en raad wanneer dit by jou studies kom.

Ek voel geëerd om die Hoof van so ‘n wonderlike Kollege te wees. Ek glo dat as jou Hoof ek eintlik vir JOU werk. Ek is nie bloot net ‘n naam aan die einde van dié brief nie. Ek is iemand wat met al my Studente in verbinding wil bly. Al my studente weet dat hulle my te eniger tyd ‘n e-pos kan stuur: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

Ek hou ook daarvan om met my studente in aanraking te bly deur middel van Studente Nuusbriewe. Ek skryf hierdie Nuusbriewe self – spesiaal vir my Studente. Ek probeer om vir jou studiewenke en raad te gee, sowel as enige ander belangrike brokkies inligting waaroor ek graag wil hê jy moet dink.

 

  1. Wanneer jy ‘n Opdrag aan die Kollege voorlê, sal ons dit altyd met behulpsame en vriendelike kommentaar aan jou terugbesorg.

By College SA glo ons dat die doel van Opdragte is om jou die geleentheid te gee om jou nuwe kennis toe te pas. Die Opdragte is daar sodat jy self kan sien hoe goed jy die Studiemateriaal verstaan het. Ons vra dat jy dié Opdragte instuur nie omdat ons vir jou ekstra werk wil gee nie, maar omdat ons deel van jou studies wil wees. Deur jou Opdragte kan ons sien hoe jy vorder en ook of jy addisionele bystand nodig het.

 

Vir ons is die merk van jou Opdragte iets ernstigs. Ons maak nie bloot regmerkies en kruisies langs jou antwoorde nie. Ons glo dat die merk van jou Opdragte vir jou veel meer moet beteken as net om te weet of jy reg of verkeerd was. Wanneer jy jou Opdragte van ons terugkry, sal jy sien dat daar baie opmerkings van ons af is. Ons hou daarvan om op jou Opdragte te skryf en vir jou sekere voorstelle te maak. Indien nodig sal ons ook iets verduidelik of ons sal jou help om iets beter te verstaan.

 

By College SA gebruik ons nie rekenaars om jou Opdragte na te sien nie – die merkwerk word deur professionele Tutors gedoen wat omgee en daarna uitsien om vir jou waardevolle terugvoer te gee.

 

  1. Ons help jou om die pas van jou studies aan te gee.

Jy weet reeds dat jy deur ons Kollege Afstandsleer of Tuisstudie sal doen. As ‘n Tuisstudie-student het jy baie beheer wanneer dit by jou studies kom. Maar uiteindelik weet ons dat ons Studente al die hulp en bystand nodig het wat hulle kan kry.

 

Net omdat jy nie ‘n onderwyser gaan hê wat voor jou staan nie beteken NIE dat jy nie uitstekende leiding sal ontvang nie. Ons het reeds genoem dat ons Studiemateriaal maklik om te verstaan, opwindend en motiverend is. Maar wat ons nog nie genoem het nie, is dat die Kollege die pas van jou studies sorgvuldig aangee. Wat beteken dit?

 

Deur die pas van jou studies aan te gee, maak ons seker dat jy die regte studiemateriaal op die regte tyd ontvang – wat verseker dat jy genoeg het om jou besig en opgewonde te hou, maar nie te veel sodat jy gestres en oorweldig voel nie. Dis die Kollege se beleid dat jy eers jou volgende pakkie Studiemateriaal ontvang sodra jy jou Opdragte van die vorige Vak ingestuur het. Waarom doen ons dit?

 

  • Ons wil graag hê dat wanneer jy ‘n kursus studeer, jy op een Vak op ‘n slag moet fokus. Die pakkie Studiemateriaal wat jy ontvang, is dít waarop jy vir daardie tydperk van jou studies moet konsentreer. Ons wil hê dat jy deeglik en stelselmatig deur die Studiemateriaal moet werk, en seker maak dat jy verstaan wat jy lees, ens. Die pakkie Studiemateriaal voorsien jou met al die inligting wat jy nodig het en bevat ook die Opdragte.

 

Dié Opdragte is vir jou opgestel sodat jy jou eie vordering kan bepaal. Ons moedig studente aan om deur die Studiemateriaal te werk en slegs met die Opdragte te begin indien hulle voel dat hulle goed genoeg voorberei is om dit te voltooi. Sodra jy jou Opdragte voltooi het, kan jy dit aan die Kollege voorlê sodat jy kundige terugvoer kan ontvang oor hoe jy vorder Dit sal tog sekerlik nie sin maak om na die volgende vak aan te beweeg indien jy nog probleme met die eerste vak ervaar nie, of hoe? By College SA wil ons hê dat jy gemaklik moet wees met die kennis wat jy opgedoen het voordat jy ‘n nuwe Vak aanpak.

 

Om te studeer is om van eenvoudige na meer ingewikkelde inligting te vorder. Om te studeer is ook ‘n vaardigheid waarmee ons kennis en vaardighede stapsgewys moet bemeester. As opvoedkundige kenners weet ons dat dit belangrik is om die regte pas vir jou studies aan te gee. Ons sal jou deur jou studies lei deur te verseker dat jy al die hulpbronne het om van een kennisvlak na die volgende te vorder. Dink byvoorbeeld aan hoe ‘n mens leer om ‘n motor te bestuur – dis onmoontlik om te leer om ‘n motor te bestuur indien jy nog nie geleer het om te loop nie!

 

By College SA sal ons seker maak dat jy weet hoe om te ‘loop’ voordat jy leer hoe om ‘n motor te ‘bestuur’!!!

 

  • Nog ‘n rede waarom ons NIE al jou Studiemateriaal gelyk vir jou gee nie, is omdat ons nie wil hê die Studiemateriaal moet op jou lessenaar lê en stof vergaar of van vergeet word nie. Ek was ook eens op ‘n tyd ‘n student, en ek onthou hoe ek al hierdie boeke gehad het wat net in die hoek van my kamer gestaan het en waarna ek nooit eens gekyk het nie!


Wanneer ons jou volgende pakkie Studiemateriaal vir jou stuur, wil ons weet dat jy reeds een module of vak voltooi het en dat jy reg is vir die volgende een. Teen die tyd dat jy jou Opdragte aan ons gestuur het, behoort jy reg te wees vir jou volgende pakkie Studiemateriaal en daarna uit te sien. En dis hoe ons wil hê jy oor jou studies moet voel – GEREED en OPGEWONDE!

 

  • Die Kollege is daarvoor verantwoordelik om jou met Studiemateriaal te voorsien wat die jongste (nuutste) inligting oor enige vak bevat. Ons wil nie vir jou Studiemateriaal gee wat oud of nie meer van toepassing is op jou studieveld nie. Wat beteken dit werklik?

 

By College SA is ons trots om jou te laat weet dat ons gedurig na nuwe skrywers en nuwe Studiemateriaal op soek is. Ons wil seker maak dat ons Studiemateriaal die jongste inligting moontlik bevat. Ons wil hê dat jy Studiemateriaal moet hê wat voordelig vir jou loopbaan sal wees. Ons wil nie vir jou Studiemateriaal gee wat twintig jaar gelede geskryf is en inligting bevat wat oud, vervelig en waarskynlik nie meer die waarheid is nie.

 

Wanneer ons jou nuwe pakkie Studiemateriaal aan jou uitreik, weet ons dat die Studiemateriaal wat ons vir jou gee die jongste moontlike inligting bevat. Dis glad nie ongewoon dat ons gedurende die jaar nuwe Studiemateriaal ontvang nie. So, dis moontlik dat indien jy in Januarie by ons geregistreer het, ons teen Maart nuwe Studiemateriaal vir jou het! Jy wil tog sekerlik die jongste en mees omvattende Studiemateriaal ontvang? Natuurlik!

 

Dit sal nie kan gebeur indien jy al jou Studiemateriaal gelyk ontvang nie. Stel jou voor jy ontvang al jou Studiemateriaal in Januarie, maar teen Maart is daar nuwe Studiemateriaal – dit sal beteken dat jy nie meer die jongste Studiemateriaal het nie. Jy sal met die ‘ou’ Studiemateriaal moet aangaan!

 

Deur jou Studiemateriaal een pakkie op ‘n keer aan jou te stuur, maak die Kollege die belofte om jou met die jongste moontlike Studiemateriaal te voorsien. Ons is daarvoor verantwoordelik om jou die beste en nuutste Studiemateriaal te bied. Die enigste manier waarop ons hierdie belofte kan hou, is om een pakkie Studiemateriaal op ‘n slag aan jou te stuur. Dit bied ons genoeg tyd om seker te maak dat ons vir jou Studiemateriaal bied wat relevant, nuut en gepas is. Ons kan nie hierdie belofte nakom indien ons al jou Studiemateriaal gelyk stuur nie.



Ons wil ons belofte aan jou nakom – daarom sal jy slegs een pakkie Studiemateriaal op ‘n keer ontvang.

 

Klink dit soos ‘n Kollege wat regtig vir sy studente omgee? JA, NATUURLIK!!!

 
free-find.jpgjust-the-job-employment-portaljust-the-job-employment-portalbook-cover-project-management
College-SA-project-management-eguide