Back
TIEN maniere waarop College SA jou WERKLIK met jou studies help terwyl jy deur ons studeer:


1.
Ons begin jou studieprogram deur jou te leer HOE om te studeer.

2. Ons studiemateriaal is:
  • Maklik om te verstaan en te volg;
  • Interessant om te lees;
  • Propvol voorbeelde, diagramme en gevalle studies;
  • Propvol werklik nuttige verduidelikings en definisies;
  • Ontwerp om jou baie geleenthede te bied om jou nuwe vaardighede en kennis  te beoefen en te toets.

3. Ons gee jou baie geleenthede om opdragte aan die Kollege voor te lê en streef daarna om jou werklik nuttige terugvoer en raad te gee.

4. Ons het ‘n span tutors wat enige van jou vrae kan beantwoord of besorgdhede kan uitklaar. Ons tutors is:
  • Kenners in hul studievelde;
  • Op hoogte van al die jongste inligting en navorsing in hul studievelde;
  • Vriendelik, toeganklik en gaaf;
  • Bewus daarvan dat jy moontlik raad en inligting sal wil hê – en hulle help jou altyd met graagte.

5.
Ons sal gereeld met jou in verbinding tree om uit te vind hoe jy vorder.

6. Ons maak seker dat dit vir jou maklik is om ons te kontak. Ons het ‘n gespesialiseerde Span vir Studente Ondersteuning wat jy met enige vrae of probleme kan kontak.

7. Ons stuur vir jou nuusbriewe wat deur die Kollegehoof geskryf word – dié nuusbriewe bevat altyd interessante brokkies inligting en raad wanneer dit by studies kom.

8. Wanneer jy ookal ‘n opdrag aan die Kollege voorlê, sal ons dit aan jou terug besorg met nuttige en vriendelike terugvoer.

9. Ons help jou om die pas vir jou studies aan te gee en verseker dat jy die regte hoeveelheid studiemateriaal op die regte tyd ontvang – ons verseker dat jy genoeg het om jou besig en opgewonde te hou, maar nie te veel sodat jy gestres en oorweldig sal voel nie.

10. Die Kollege beloof om jou met die jongste beskikbare studiemateriaal te voorsien, waar moontlik.


Wil jy meer weet? Kliek hier.


Ons verskaf graag artikels en raad in Afrikaans, maar ongelukkig is ons studie-materiaal slegs in Engels beskikbaar.
 
free-find.jpgjust-the-job-employment-portaljust-the-job-employment-portalbook-cover-project-management
College-SA-project-management-eguide